Kursus

Ons intensiewe twee jaar kursus bied die geleentheid vir die jong Christen om hulle te bevoeg vir die diens van die Here. Daar word baie sterk gefokus op die persoonlike ontwikkeling van die student as Christen. Die student gaan baie tyd met die Bybel spandeer, en dit word van die student verwag om dit wat hulle in die klasse leer in hulle alledaagse lewe prakties toe te pas en uit te leef.

Sommige van die klasse wat ons aanbied:

  • Veritas
    Die studente woord aangemoedig om self teologies studie te doen en dit in hulle bediening toe te pas. Studente verwerf eers die vaardighede om ‘n spesifieke tipe Bybelse literatuur te interpreteer en oefen dan hul vaardighede in deur Skrifgedeeltes te interpreteer. Hulle pas dan die absolutes van die gedeeltes in hulle spesifieke konteks toe deur bespreking in kleingroep Bybelstudies. Hulle verwerf dan die vaardighede van kommunikasie soos onderrig en prediking om die absolute van die Evangelie te bedien. Studente herhaal hierdie proses op al die verskillende tipes literatuur en Bybelboeke deur die vier modules, na ‘n holistiese proses wat strek vanaf die interpretasie van die Bybelse boodskap tot die kommunikasie daarvan.
  • Sistematiese Teologie
    Sistematiese teologie is ‘n dissipline van Christelike teologie wat ‘n ordelike, rasionele en samehangende weergawe van die leerstellings van die Christelike geloof formuleer. Dit spreek kwessies aan soos wat die Bybel oor sekere onderwerpe leer of wat waar is oor God en Sy heelal. Dit bou ook voort op Bybelse dissiplines, kerkgeskiedenis, sowel as Bybelse en historiese teologie.
  • Homiletiek
    Met ‘n diep afhanklikheid van God word die student onderrig om deeglike navorsing te doen om sodoende treffende boodskappe voor te berei wat die Here kan gebruik om die behoefte van vandag by die mensdom aan te spreek. Daar word baie sterk gefokus op die saligheidsleer.
  • Bybel studie
    Al die Bybelboeke word in diepte bestudeer oor die twee jaar kursus.
  • Kinderevangelisasie
    Om vir kinders die evangelie te deel bly ‘n groot voorreg, kinderevangelisasie rus jou toe om praktiese lesse aan te bied, kinders te benader op hulle vlak en hulle te bearbei wat ook al die nood in die kind se lewe is.
  • Musiek
    Musiek graad 1 is verpligtend vir al die studente. Sou u ‘n talent vir musiek ontwikkel kan daar gereël word vir privaat afrigting in ‘n verskeidenheid van instrumente wat u in die bediening kan gebruik.
  • Evangelisasie
    Evangelisasie bly die kern van die kursus, al die ander vakke lei die student daartoe om ‘n suksesvolle evangelis te wees:
    “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.”  2 Tim. 2:15

Sou u eerder belang stel om net ‘n korrespondensie kursus te doen, dan kan u gerus die skakel volg en daarvoor inskryf.